Tools

Media in Africa

Niche market magazines that work for you!

Banner
You are here: Home » Background Information
Saturday, 19 Aug 2017

INTIEM & Intimacy4us

E-mail Print PDF

MIA2As jy een van ons intekenare of lojale lesers is, is INTIEM teen dié vir jou daardie 'soul sister' by wie jy kan bieg, raad vra, raad kry, of sommer net bevestiging dat jy en jou huwelik nie so abnormaal is soos wat jy gedink het dit is nie. Maar hopelik, is die kern van INTIEM in jou lewe dat sy jou inspireer om jul huwelik te verbeter, te verfris, te verryk, en te versier met wat jy ook al in die hande kan kry om meer kleur daaraan te gee. Ons doel is steeds om jou as leser te bemagtig en toestemming te gee om beheer oor jul sekslewe te neem.

Dalk het jy reeds, en hopelik vind jy steeds baat by die tydskrif. Deur die afgelope drie jaar het ons agtergekom dat ons lesers INTIEM benut – of hulle nou pasgetroud en onskuldig is, pasgetroud en nié so onskuldig nie, 'n middeljarekrisis beleef met 'n huwelik van twintig jaar en ouer . . . en selfs as hulle binnekort hul goue herdenking vier!

INTIEM is nie ouderdomsgebonde nie. Die tydskrif het nie grense nie en swerf die wêreld vol. Ons is op 'n punt waar ons hoop dat die meeste getroude Christen-vroue in Suid-Afrika al aan INTIEM geproe het, dat diégene wat aanvanklik gevoel het ons neem 'vryheid van spraak' te ver, vandag al persoonlik die nut daarvan ervaar het, en dat ons steeds genoeg aan diegene bied wat glo dat hulle amper alles weet!

Die geheim is om wat jóú voorkeure en smaak pas te neem en dit in jul huwelik te gebruik.Vir die personeellede van INTIEM is geestelike inspirasie steeds 'n noodsaaklike bestanddeel vir elke uitgawe wat geskep word. Ons het die afgelope drie jaar soveel bevestiging uit die Woord gekry dat dít waarmee ons besig is, wel broodnodig is, en ons word oorvloedig geseën.

Onthou, INTIEM is nie 'n geestelike publikasie nie, maar 'n publikasie vir die Christen-vrou. Dit beteken dat daar 'n verantwoordelikheid op ons skouers rus om aan jou veilige inligting te bied.

 intimacy4us websiteOur site is MEANT FOR YOU if you desire an intimate marriage, sound Christian-oriented marital advice or encouragement. Wherever you are on your marital journey- let INTIMACY4US inspire and motivate you to renew your commitment to creating a marriage full of the God-given joys of sex, intimacy and love.

GROW with us

INTIMACY4US aims to make a positive difference in married Christian couple’s lives, and empower you to take control of your sex life. We strive to offer you something that will make a difference to your marriage each and every day through relative, interactive content and a panel of trusted experts. The secret is to take what suits your taste and preferences and to apply it to your marriage… because a better marriage tomorrow starts TODAY!

TALK to us

It is vitally important to us that we receive your input as we often refer to real people’s experiences. As INTIMACY4US deals with a delicate subject, your contribution will remain anonymous. Our blogs and forums represent an online community of like-minded individuals determined to experience all that God has for them in terms of their relationship.

DISCOVER with us

Tell your friends about the site, or send your best friend the link! It is our intention to reach as many people as possible. INTIMACY4US has created a special section for men where he can also learn what’s hot and what’s not when it comes to fun in bed… so whisper ‘www.intimacy4us.co.za’ in his ear tonight.

We hope you enjoy the site as much as we enjoyed creating it… and may it lead to hours of pleasure and greater enjoyment in YOUR marriage!